Straat van Tartarye

Die Straat van Tartarye verbind die See van Ochotsk en die See van Japan. Reg daarbo lê eers die nou Straat van Newelskoi (reg bo die punt van die rooi streep) en dan Amoerbaai.

Die Straat van Tartarye (Russies: Татарский пролив; Chinees: 韃靼海峽, Dádá hǎixiá; Japannees: 間宮海峡, Mamiya kaikyō; Koreaans: 타타르 해협) is ’n seestraat in die Stille Oseaan wat die Russiese eiland Sachalin van die Asiatiese vasteland (Suidoos-Rusland) skei en die See van Ochotsk in die noorde met die See van Japan in die suide verbind. Dit is 632 km lank, 7-342 km breed en op sy diepste punt minder as 210 m diep.[1]

  1. "Tatar Strait". www.britannica.com/. Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Januarie 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy